Gallery: Reception
E. S. le Grange skool is bevoorreg om elke jaar bederf te word met Girls High se “World Wide Children’s day” projek. Die dogters van Girls High doen regdeur die jaar fondsinsamelings om dit moontlik te maak. Ons het 25 Checkers motorfietsies ontvang. Hierdie inisiatief verryk ons kinders se lewens en bring groot opgewondenheid. Almal se ogies blink wanneer dit fietsiedag is. ‘n Groot dankie uit die diepte van ons harte!
Mnr & Mej E.S.